Translate

Wednesday, 30 December 2015

2016

In 2015 I learned that I am a tiny shiny blimp of awesomeness, created to walk on the artwork of my Creator, the allmighty God of Love and Kindness.
We endured tears and pain and we had to say goodbye to awesome souls, a dearest mother and friends that will stay in our hearts until we meet again. 
We are far far away from the people that matter the most but was able to spend quality time with them. 
We had good times, lots of good times.
I met tribe members and love them all ;-) 
I can feel what is comming in 2016. I know it is good and exciting! 
I can see love and light, laughter, fun and abundance and travelling, lol. 
I can see nature and I can see changes for the good. 
In 2016, be kind to each other. It's simple, just be kind and remember, "God has not given us a spirit of fear, but of power and love and a sound mind"
You are the change you want to see in the word, tiny shiny blimp of awesomeness created by the Creator of all the Universe. 
My Love and Light be your path in this great new year awaiting us all. 


Love
Van die anderkant van die ewenaar
Iretha

Monday, 3 August 2015

How to handle those irritations in your life

You are on your happy level, and the phone ring and you want to go -aaarrrggggg.

Now to remain on the happy level, whe have a veiw seconds to do so, you can think, how fortunate I am to be so popular, to own a phone, to have a job etc. and answer with a smile and still be happy.

And then that person, you just cannot handle, with that stupid remarks who forever irritate the daylights out of you, walk into your office -arrgggggg.
Remeber you need to stay on that happy level . . . .

Now, in a few seconds, you can go down to that level or you can stay on yours . . . the choice is yours.

Remember, it's not your job to go down to that level, nor is it to drag that person up to your level, but you can say, I want to uplift you, if you are upliftable . . . come up and we can play together, but I am not going down where you are and try to drag you up. 
I AM NOT GOING DOWN TO WHERE YOU ARE!! 

Remeber what it look like when you are stuck in traffic and drivers are yelling at- and signal each other, how can you stay in your happy place in traffic? Smile and think of a way to stay on your happy level, it's all up to you.

Then you get the complainers or criticizers and analitical bunch and the nosy ones . . . trying so hard to pull everybody to their lower level - repeat : I AM NOT GOING DOWN WHERE YOU ARE! Stay in your happy place and carry on. What a challange! 

Now do you get that? Think of a way to stay on your happy level, in all situations, at all costs, just do not get down from your happy level. 

To hate or to get angry and is more harmfull to ourselves than to the one we hate or are angry with. 

And if you are reading here and you analize or critisize, dude I AM NOT GOING DOWN WHERE YOU ARE, I AM NOT PERFECT, BUT IF YOU ARE UPLIFTABLE, COME UP AND PLAY, BUT I AM NOT GOING DOWN WHERE YOU ARE, TO TRY AND DRAG YOU UP, I AM NOT. 

MWAH

Yeah that feel soooo good . . . 


Wednesday, 22 July 2015

8 Ways to restore the good vibes in your home

We all know that feeling when you just know it is time for change, then my dear, it is time for change. You don't need to move or do something drastic. Most of the time just the smallest of change can turn stagnant into awe.

Then it is time to reset the good vibes in your home.
(Without spending days of spring cleaning or loads of money)

1. Do something about the air, burn some insence or fragrance oils or whatever you fancy. Open up all the windows and let in fresh air.
2. Play music.
3.  Move the furniture, even if it is only a few inches in another direction, just to disturb that old rut's       stagnant vibrations.
4. Bring a plant indoors or if you have some inside, cut out all the dead leaves and dust it or even better take it ouside for a quick shower with the garden hose, the plant will love it. Some flowers will also do the trick.
5. Make something new, or do something new, even if it is just a old throw in a new place, bring some colour in.
6. Move the lamp to a new location, to change the flow of light after dark will keep the new positive vibe alive.
7. Light a candle.
8. Remove all clutter.

Now leave the room, turn around and re-enter. See some difference? Good.
Not much, go back and change more until you get it right. You will know when to stop.

Sit down, relax and enjoy!

Monday, 6 July 2015

HUMBLE RULE . . .





The time has come for the humble to rule,
The ones who are in touch, in constand awe, do good deeds
who do not judge God's creations.
But love even the enemy . . . 

The one who believe he is the rule and the right way 
and look down on other creations, 
and judge . . . the self,
will be silenced,
they will be brought down to their knees
in shame and quest for forgiveness.

We will give them all of those,
because we are not able to judge,
nor deny the love from our hearts . . .


Me

Saturday, 4 July 2015

Dark Knight

The Dark Knight strikes - and I am going to blind you with my light!!!!!

Jou moer, Dark Knight, jy gaan niemand onder kry nie. 

What I call the "Dark Knight": - those times or may be a person, who come into your life, or who are           already part of it, and for no known reason, just fu.k every good vibration to hell. 


And the Angel said:

Dark Knight, the time has come . . .
Let me to introduce you to my sister - 
My beautiful sister, we call her KARMA

She is my older sister, she is very fond 
of her little sisters and brothers, 
She does not like it when you, with your
insecurity and low selfesteem, 
bully her siblings. 

If this is the only way you know of to be a man,
If this was the only example ever set to you,
If it make you feel macho,
so be it, 
For now . . . 

For when you are still at night, she will speak 
you will toss and turn - should you not listern.
She will strike when she is ready
For bullies always met KARMA.

now I say to you, 

I ACCEPT YOU,
I FORGIVE YOU, 
RIGHT NOW, RIGHT HERE,
CAN YOU DO THE SAME? 
CAN YOU FORGIVE YOURSELF? 

And then you set it free, you collect your good vibrations and you move on, our source will lead and guide us towords the next point of growth . . .

Turn you head towards the light, let the past be in the past, learn form it, forgive and forget about it. 

And let the big sister do her job, it is not for us to wish bad upon the bullies in life. 

You turn this padge with a wish on your lips, 

"I wish you love and light, Dark Knight, 
May you learn to feel the love and abundance,
Of being a being of the light,
May goodness cross your path,
May new opportunities  be so magnificent that you 
cannot refuse. 

 Mmmmmmmm nuf said for today . . .







Wednesday, 13 May 2015

Die invloed van media op jou dag . . .

Ek lees vanmore 2 goed raak, die eerste is 'n epos oor 'n Switzerse rubriek skrywer, en dit gaan oor Afrika en veral Suid-Afrika, feite, maar omdat ek dit gelees het voel ek redelik swartgallig, dit gaan oor die mense in beheer van die land en ek hoef nie veel meer te sê nie, julle weet mos wat aangaan, en ek onthou hy het gesê dis 'n "slow heating pot" en daai wroeging kom steek hier in my binneste vas.  Hy vergelyk Suid-Afrika met ander Afrika lande en sonder om veel te weet kan jy die prentjie sien. En so scroll ek toe maar deur FB om die nuutste stukkies uit my online vriende se bestaan te aanskou en hier sien ek die volgende: 

Nou ja, wat meer kan ek sê? 

As die loadshedding en die koerant berigte teen die pale en die nuus jou vanmôre laat voel soos ek 10 min gelede gevoel het, lees weer hier bo.

Lekker dag vir almal.

Iretha

Tuesday, 28 April 2015

Green paint ;-)

28 April 2015

Nog 'n lieflike dag in Afrika, dis stil, al wat ek hoor is die gesuis van die lugversorgers, iewers kraai 'n hoenderhaan, 'n bok blêr in die vêrte. Die windjie waai 'n welkome koel luggie oor my waar ek hier buite sit en skryf. Dis groen, so groen dat as ek dit moet skilder, gaan jy dink ek het net te veel groen verf, dis mooi. 'n Gamba Lizzard kom knik sy koppie vir my, sê hy môre of sê hy skoert van my stoep af? Skoenlappers en voëltjies vladder van een rooi hibuskus blom na die ander. Ek voel die gemis van 'n troeteldier, dit pla al lank maar wat kan ek nou maak, dis nou maar hoe dit is. Die geraas van die stad nog hoorbaar in my ore, karre wat op en af jaag na êrens, elke soveel minute 'n vliegtuig wat oorkom, die telefoon met telebemarkers wie steurend jou dag onderbreek, alarms wat afgaan en die eweige loadshedding wat eintlik soms welkome stilte kom afdwing. Hiernatoe en daarnatoe, doen dit doen dat, dit maak my mal . . . dit sal 'n moerse mindshift kos om weer daaraan gewoond te raak . . . 

Dis nou al byna 4 jaar dat die ons huis is, ons huisie aan die anderkant van die ewenaar. Jy begin wonder hoe lank die eer ons nog geskore gaan wees? Ek wil nie goed realiseer wat nie nodig is nie maar mens wonder maar. 

So het ek ook die ander dag daar in Suid-Afrika gesit en wonder, gewonder oor ons huis aan daaikant en wat die volgende stap gaan wees en ons maak planne en ons sit koppe bymekaar en skielik kom daar 'n gedagte by my op, soos iemand wie wir my sê, moenie laat jou kop weghol met jou nie, die antwoorde sal kom as die tyd reg is. En dis toe die antwoord. As die tyd reg is, dan sal ons weet . . .

Ek wil vandag vir die, vir wie die skoen pas sê, as jou binneste hunker na rus en vrede en die

platteland, die natuur en die Godgegewe plekke wat jou toekom, wees rustig my mens, hy kom, als
kom op sy tyd, antwoorde, verandering, als, ons moet net geduldig wees.

Ek kyk op, ek weet waar ons genade vandaan kom, dis van die Skepper wie ons met soveel liefde gemaak het, als gemaak het, Hy is in beheer. Dan spring die aaklige gedagte van xenophobia en al die kwaad en haat in ons land op in my kop, en ek dink, skoert duiwel, maar ook daar sal 'n uitweg kom, daar moet net, ons moet net positief bly . . . (Makliker gesê as gedaan) 

Groetnis aan almal wie my ongereelde stukkies steeds gertou lees, liefde van huis tot huis.

Iretha


Tuesday, 7 April 2015

Kraan is toe . . .

Nou ja, ek sit hier en ek noem myself baie dinge, onder andere naief, want ek vertrou mos almal.

Hier is die storie:

Ek loop ewe rustig in Pick n Pay en hier kom 'n jong meisie na my toe met 'n pak doeke en 'n blik melk. Ja, die storie, sy het 'n baba en nie geld nie en die is by haar ma en die kry ook swaar en julle weet wat kos baba melk en doeke. En ek sê vir haar, hoekom borsvoed jy nie, nee, maar die kind wil nie aan haar drink nie. Ek vra haar uit, waar bly jy? In Birchleigh, skryf ewe vir my haar naam, adres en nommer neer. En ek sê ek gaan kom kyk sy sê dis reg tannie. En ek sê vir haar ek sal die melk koop sy moet buite wag. Ek kom by die kar waar sy wag. Ek gee die melk en sy vra of sy die slip kan kry want sy moet by die hof al die geld wat sy op die kind uitgee wys. Die outjie wie haar swanger gemaak het se ouers wil die kind vat. Ek gee toe maar die slippie. Ek sê vir haar, as jy vandag vir my lieg meisie, gaan jy dit voel. Sy sê, dis reg tannie ek lieg nie. Ek dink by myself, ek gaan kyk waar ek kan help, al moet ek almal vra vir bydaes. Ek voel goed.

Toe kliek iets in my kop. Ek skryf die registrasie nommer van die kar neer en ry na die adres toe. Ja, reggeraai. Verkeerde adres, maar ek is 'n ou kalant. Ek vind uit aan wie die kar behoort en ek ry na daai huis toe.

Ja sê die bediende, dis Natan se kar die meneer se seun, en die Chantelle is sy girlfriend en hulle is op drugs, vele male in rehab gewees. Nee, die kind is nie 6 maande oud nie. En sy wys so om en by 3 - 4 jaar oud. Vertel my ewe waar Chantelle bly, nie ver van die verkeerde adres af nie. Ek ry en gaan kyk, maar die Wit Opel Corsa staan nie daar nie.

Ek bel toe die pa en vertel hom die storie, sê ek soek nie die geld nie, wil net hê hy moet weet. Arme
man, ek sit daar in die bakkie en ek huil. Huil vir hom en vir sy kleinkind.

Sorry, ek het vandag my neus in ander se sake gesteek, ek is misbruik, sy gaan die melk by die volgende winkel teruggee en die geld vat. Ek is lekker deur my ore geskroef!

Maar girl, ek het vir jou gesê as jy vandag vir my lieg gaan jy dit voel. Jy gaan dit voel. Daai oupa en ouma gaan daai pragtige kind vat en mooi grootmaak, jy gaan hopenlik jou lewe regruk, ek bid vir dit.

Maar van vandag af gaan ek nie weer help nie, ek is nou een van daai mense wie net dood eenvoudig gaan nee sê. Jammer vir die wie regtig hulp nodig het. Ek sal self besluit as iemand hulp nodig het en help. As jy vra is die antwoord nee.

Dis sad, so so sad. Maar dis nou maar hoe dit is, en hoe dit sal wees.

Hierdie uitgestrekte hand is nou gebyt, hy bly nou maar aan my sy.

Kemptonparkers, wees op julle hoede, ek is seker ek is nie die eerste wie vandag of gister of dalk more deur haar gevang gaan word nie.

Groetnis.


Wednesday, 18 March 2015

Personal personality test


Personal excercize : 

Your true self and the status of your soul.

Sit in your favorite spot, relax and breathe for a few minutes.
Now think deeply, be honest to yourself - remember, it will not be published on your Facebook Page.

Think what you want the wolrd to see and what you really are.
Think about what is going on in your head when someone irritate or offend you?
What do you feel and how do you react when things are not going your way?
That bitch or angel insige you, how do they react? Can you tolerate the 'stupidity' of other? Can you forgive without judging?
Some of us are vocal about it. Some just think it. It's all the same. Are you quick to lash with that tongue of yours? It hurt you know . . .

This is who you really are. 
Are you ashamed of yourself or are you proud of yourself or do you pretend not to care?
There you go . . .

If guild is a word in your mind right now, change your mind, if you think, what a load of crap, close this page.
But I can promise you, you will think about this again.
Don't just be good when it fits you, when you are around the people who you want to impress with you amazing personality, be kind all the time even in your mind. This is what will follow you into the rest of eternity. 

A kind hearted soul is what we are ment to be . . .
Don't judge, let be . . .
Grow your soul, don't break it down by wasting time on judges, irritations anger and the big ME.

Love is the answer, love yourself first and then be the person other can love as well. 

I am no angel either, but I can try

Thursday, 4 December 2014

I need, and I receive . . .

Have you ever stared into the eyes of a loved one and notice the God consciousness staring right back at you through human eyes? 
Have you ever return that consciousness with love?
Have you ever shared that message with someone who need to know what you are about? 
Have you met that person, your person? Your twin flame?

I am back in the hush and rush of the city, I struggle to survive the chase to nothing, only to come home in the evenings and feel drained and tired. To try and regain sanity, I am still in myself, but the disturbing noice of the rush and the struggle of others refuse to leave my ears, I waited until the whee ours of the night to let the still wispers of my soul meet with me, so I can eventually calm down and be with my inner self. Heal what the day had ripped out of me, and pray for the souls who no longer know what is wrong with the rush, who no longer know what peace are about, who are robbed of this one thing I managed to find on the other side.

I know who and what I need;

I need to make peace with the rush and practice my inner strenth,
I need my consiousness to stand strong,
I need you,
I need to stare into your eyes, drown myself into the love I see and feel, regocnise your soul,
I need to regain my peace,
I need the surrounding of your arms,
I need the security of your presence,
I need to hear the words you speak,
I need our solitude,
I need tranquility. 
I need to remember to live life every day and not waiting for the right tomorrow. Now is the reality, now is what you are, now is right here. Fill the spaces between the wait's for the next best time, next best moment, next best day, with moments that count. 

And while I am here in the now, making my needs reality, the answer jumps to mind . . .

And the angel with archery wings, aim, and shoot an arrow to tomorrow's sun . . . 
Now, all af a sudden I understand the message; to shoot for tomorrows sun you will miss today's . . . 

In a dream, about a week ago, I received these words . . . 

'The angel with the archery wings, shoot the arrow to tomorrow's sun' 
and I did not get it right away, now I do. 

I will no longer miss today, by waiting for tomorrow, I will plan for tomorrow but not let it make me waiste today. Too many todays are waisted on waiting for tomorrows . . . 

These are my own words, they come to me through my soul, me being me, and listening to the wispers of my inner self. 

I started to write this piece not knowing where it was leading me to, well here I am, my message is shared.

In kort, ek verlang na my man, die stad maak my klaar en my droom het nou betekenis en ek maak die tussen in leemtes vol met vreugde en dade, tyd saam met my geliefdes hier. Ek probeer my bes om die  harwar met goeie herinneringe en 'impressions' te 'equal'. 

Shoot for tomorrow's sun, but stand under today's while doing so . . . 

Groetnis

Iretha




Monday, 17 November 2014

Tong-ini-kies-tiptoe-bravery-en-self love . . .

'Bravery' kom in baie verskillende maniere, die brawe held kom ons sê sommer Wolraad Woltemade wie op sy perd gespring het, en mense uit die storm see gered het, en toe verdrink hy en sy arme perd,  Rageltjie de Beer wie haar boetie in die miershoop ingegrawe het en self verkluim het, maar dis nie braafheid waaroor ek wil praat nie.

Ek wil praat oor braaf wees op 'n heel ander manier. 

Dalk een van my ou onderwerpe, maar hier kom hy. 

Braaf is om daai 'fit in mask' af te haal en jou eie persoonlikheid en mens wees te laat skyn. Dit kan dalk 'n sommige mense se oë 'n dom besluit wees, mense mag nie daarvan hou nie, hulle mag agter jou rug praat, hulle mag selfs staar of jou die koue skouer gee, want jy pas dan nou nie so lekker in nie.

Te .... met inpas, dit sal jaloesie wees vir jou brawe 'move' om te wees wat jy is en hulle is te bang om so te wees, te bang vir verwerping, te bang om nie meer deel van die 'crowd' te wees nie . . .

Maak jou eie 'crowd', maak jou eie groep van vriende wie nie voorgee om 'in' te wees nie, stres loos, gelukkige mense. Dit skep die geleentheid om 'n dieper konneksie met jouself en ander te maak. Dit vat regte egte 'bravery' om nie 'cool' te brobeer wees nie. Maar natuurlik dink ek ek is 'cool' op my manier. So word jy dan 'n onsigbare magneet vwat ander die 'guts' gee om ook hulself in hul eie 'uncool' manier te wees. Dit is verseker 'n manier om dalk bietjie eensaamheid te bring maar 'n sekerder manier om opregte mense in jou nuwe kring in te bring. 

Ek voel dat as ek vir iemand 'n kompliment gee is dit regtig opreg bedoel, so as ek v jou sê jy lyk mooi vandag dan het jy my woord dat jy regtig vandag mooi lyk in my oë, en ek gee nie om wat ander mense sien nie. My sien is my realiteit. Dis vir my opreg, want dit kom reguit uit my hart uit. Dis die soort mense wie in my lewe is, en as dit nie so is nie, dit is wat my oë sien, so dis my realiteit. En dan daardie onbeskaamde woorde, as jy nie opreg is nie en jy bars my bubble is jy uit nie ek nie. 

Dan is daar daai een ander ding, jy lees dit baie, hoor dit baie maar die dag as dit insink, mater, dan weet jy dit. Net jammer dit vat gewoonlik jare om by te kom.

Hulle noem dit 'SELF LOVE'

Om lief te wees vir jouself, (iets wat ons ons kinders moet leer, van kleins af al) jou liggaan en wie jy is, is nie die verwaande eie ek wie se, uhm, nie stink nie, lol, nee ek praat van die aanvaarding van dis my lyf waarin my siel woon en dis die waarvoor ons moet lief wees, knoppe, walletjies, kolletjies en als. Ons is nooit tevrede met ons voorkoms nie, want jy loop en vergelyk jouself mos heeldag met ander en veral daai perfekte lyfies van die winkel poppe en dan praat ek nie eens van die ge-photoshop-te modelle in ons tydskrifte nie. 

Vandag moet ek bieg, dit het my 47 jaar gevat om wakker te raak. Ek kyk vir myself en ek dink, ek is mooi, ek is so spesiaal. Ek is nie dieselfde as enige iemand anders nie. En ek besef ek wil nie wees nie. Ek is geseënd om iemand te hê wie lief is vir my net soos ek is. Dankie daarvoor. En ek is lief vir myself.
Dis moeilik om dit in woorde om te sit, ons dink altyd ons maats sal gaan soek vir 'n beter jonger model wie minder 'bakwerk' (soos in panelbeating) nodig sal hê, maar as jy jou liggaam dra met trots en met selfversekering en tevredenheid sal jy net so mooi vir die ander in jou lewe wees. 

Kyk vandag met ander oë na jouself in die spieël, en ek sê nie gaan staan en herhaal 20 keer, ek is mooi nie, kyk net mooi, jy sal deur die self afbrekende kretiek kan sien. Jy is pragtig my maat, want as ek is, is jy ook, en as jy besonders geseënd is met uitsonderlike gelaats trekke en kurwes, good for you, werk aan jou persoonlikheid.

Oeps, en ek gaan nie daai laaste opmerking delete nie want ek praat vandag met die van ons wie soos ek is. 

So my liewe vriende, as jy deur jou tekortkominge ( in jou oë) kan sien en leer om lief te wees vir wat jy het, het jy als. 

En ek wuif julle koebaai vir nou.

Die mooiste groete van die ander kant af.

Mwah

Iretha

PS

Kom ons wees soos die mense van Rosetta, ons werk deur die dag, siesta as ons kan, en na werk spandeer ons tyd saam met ons beste vriende, drink 'n glasie, eet lekker kos en kry genoeg rus deur die nag, dis medesyne vir die liggaam en siel, en 'n gesonde siel huisves 'n gesonde liggaam.

Wednesday, 1 October 2014

Dit werk!

Vir die van julle wie my vorige post gelees het . . . dit het gewerk! 

Almal wie ek raakgeloop het, die hele dag lank, was opgewek en vrolik! 

Jay, ek gaan dit volhou. Hoe amazing is dit nie om so deur die lewe te gaan nie . . . 

Keep on smiling!

Iretha 

Tuesday, 30 September 2014

Lig daai spirit

Het jy al agtergekom hoe jy suur mense met jou stemtoon kan draai?

Ek bel vanmore 'n redelike trae ou met so-'n-trae-manier -van-praaaat, en ek sê vir hom, good morning, how are you this morning, met my beste opgewekste stemmetjie en hy trek weg en babbel vrolik voort.

Die ander dag praat ek met so 'n teemirige tannie wie vreeslik staaadig praat en toe ek weer bel sê ek vir haar, môre môre tannie, wat 'n lieflike dag! En wraggies, nog stadig maar met baie meer spoed kom die, Hi, Iretha, ja dit is nogal 'n lieflike dag. Whaau! 

So my vrolikheid is aansteeklik oor die foon, vandag moet ek dorp toe en gaan dit oral probeer! Ek gaan 'n paar mense op vrolik vandag. 

Kom ons almal doen dit en lig bietjie hierdie Dinsdag se spirit.

Ek moet sê dit lig nogal my bedrukte wag-nogsteeds-vir-my-paspoort spirit ook.

Mag julle almal 'n uitmuntende daggie hê!

Mwah

Iretha

Tuesday, 23 September 2014

Skelm loertjie in my huisie hier in SA

More ewenaar vriende, duskant en anner kant, 

Ek sit 'ge-trap' hier in SA, agv my paspoort aansoek wat om die een of ander rede vreeslik lank vat, en elke dag as ek nou klaar gebel en gestress het daaroor, dan speel ek ini huis, die strate maak my op.

Ek en die elektriese boor en die hammer en skriewe en spykers is nou weer hernude kennisse.

Ek het besluit om ons ou plekkie hier 'n Bohemian look te gee en tot dusver speel ek net met die goedjies wat ek het, het nog minimaal gekoop, en die verf sessie stel ek nog uit . . . Dink dis te permanent om dit te waag voor ek 100% seker is. 

Hier is 'n paar fotos . . . 




'n Serpie en my favourite boeke op 'n hopie op die heater (om hom weg te steek) getooi met my krale en 'n kers . . . dit was die eerste stappie . . . 





Toe maak ek die spierwit oorgetrekte bed bietjie vrolik met nog lappe . . .




Oulike juwele kassie wat op my gespring het by Sotran Meubels . . .

Toe koop ek sommer 2!


Love hulle, want ek het mos baie goetertjies om daarin te pak . . .

Gister, hang ek toe die antieke handdoekrak wat in my pad staan teen die kaal muur langs Johnny, Johnny is die kameelperd wie ons van Okahandja af gevolg het, 1000 km ver het sy kop by die venster uit gesteek en vir baie vermaak gesorg.


Intussen speel ek verder, gaan vandag kleurville serpe soek om aan mekaar te stik vir die nuwe kombuis gordyne, die wat nou daar is is bietjie vaal van die skerp oggend son . . . 



Dis nou nie eintlik kombuis gordyne nie maar doen die ding en skep so 'n ouma gevoel, ek is mos 'n ouma. 

Dalk as ek weer die bevlieging kry sal ek die res met julle deel. 

Dis nou hoe ek ons klein 'granny flat' in ons eie huis se agterplaas toor om karakter in 'n klein plekkie te kry, en raai wat, my man is mal daaroor! 

Julle moet dit ervaar om te kan waardeer, die lekker gevoel het noggie naam nie, ek word soggens wakker en voel of ek deel van 'n uitstalling is, lmga.

Tot volgende keer.


Iretha 

Wednesday, 10 September 2014

Na 20 jaar

Gister was ons 20 ste jaar van getroud wees.

Op daai Vrydag 20 jaar gelede het ek jou 2 maal getrou, eenkeer ini hof en een keer ini kerk voor God. Daar het ek met gesmeerde makeup ja gesê, (weer trou was nie op my agenda nie, nie na wat ek deur was nie, ek wou myself en my kind beskerm teen nog seer en teleurstelling, maar jy het aangehou en aangehou tot ek ingegee het) en toe sê ek 2 keer ja op een dag. Ja vir jou, ja vir botter en vir wors. 

Wors het gekom en botter het weer beter kom maak en so met botter en wors is ons nou al 20 jaar saam. En ek dink dis die dat ons nie verwagtinge vir die huwelik stel nie dat ons so ver gekom het. Ons verwag nie dat dinge moet wees nie, dit is net, ons verwag nie veel van mekaar nie, net liefde en vertroue. Ons stel nie vereistes nie, ons is net. Want ons is mos net ons, ons is mos net gelukkig, ons is mos net vir mekaar. Ons trek in dieselle rigting, sonder om te veel te dink. Ons vul mekaar aan en gee raad oor en weer sonder om af te breek, ons bou mekaar ons hande altyd inmekeer. 

Dis maklik saam met jou, al was die wors tye behoorlike wors tye. Die botter tye dan maar altyd weer beter en beter. 

Daar is seker 'n resep vir gelukkig wees maar as ek nou moet gaan sit en dink wat dit is gaan dit nou skoor soek wees, so tussen my en my annerhelfte doen ons maar net die ding. Maar ek moet vandag vir hom sê, as dit nie vir sy toewyding en liefde vir my was nie sou dit nie kon wees nie en anders om. 

Ek wil dankie sê, dankie vir my kans vir geluk en dankie vir jou. My hart is vol. Ek is gelukkig want ek wil wees, die reuk van die 20 rooi rose in die vaas in my neusgate! Jy is die beste. Jy is my beste mater my vertroueling. Jy hou nie boek van die kwaad nie en jy is liewer vir my floors as vir my goed. Ek is lief vir jou met nukke en al, sonder dit sou jy mos nie jy gewees het nie. 

Ek is trots op jou, jy maak my lewe vol.

Ek het vir jou daai kombi bus gekoop as simbool van ons travels saam, ons lewe saam, 'n regte hippie kombi bus, om jou aan my free spirit te herinner en te sê, ek loop saam met jou, ek rys saam met jou ek leef saam met jou, my hart klop vir jou. Want ek wil en ek sal.

Ek klink nog 'n glasie borrels op ons, in die lewe en in die wat nog kom.

Love you lotz my lief.

Ek


Monday, 25 August 2014

Die view hier van my klip af . . .

Ek sit nou al 'n hele ruk op my klip en observe.

Ek kyk die mense wie verbygaan en die wie so om my klip sirkel en ek kyk en ek neemwaar en ek dink, ek lees en ek leer.

Toe kom ek tot 'n slotsom.

Elke een van die asempies is deur die Skepper geskape, volgens sy beeld en sy hand. Dit maak ons almal perfek, dan nie. Nou wat maak ons anders? Ons gees maak ons anders, ons omstandighede maak ons anders en ons denke maak ons anders as die ander. 

Die skapie lewe maak ander anders as ander, soos as jy nie die wêreld volg nie maar deur jou gees gely word is jy heel anders, die andersheid maak jou dan soms uitgeworpe voel. Of sommer die hele tyd. Wat as jou anders wees die regte manier is van anders wees? 

Hoe sal jy weet?

Ek weet hoe ek weet.

As jy gelukkig en happy voel in jou unieke anders wees, dan is jy reg. As jy lief het en geliefd is in jou andersheid is jy reg. 

Dis nie verkeerd om daar op die klip te sit en bietjie kop skoon te maak nie, maar as jy daar afklim, trek weer die vuurhoutjie en steek die ou kersie op en maak lig. Moenie die lig in ander se oë skyn en hulle laat wegskram van jou lig af nie. Skyn dit so dat hulle comfort vind in die kring wat jou lig om jou maak en jou sien as voorbeeld en jou wil na maak en ook 'n vuurhoutjie skraap om ander mense te wys hoe heerlik dit is om in jou eie lig te loop en die ander andersters outjies nader te trek of sommer sy aan sy te loop en so nog 'n groter ligkring te maak. Laat die lig jou sigbaar maak en besef dat in daardie lig almal perfekte gebalanseerde anderster is. En omdat die lig jou so sigbaar maak, loop mooi, wees mooi en sien mooi. Mooi goed word goed waarvoor jy lief word, en as jy liefde het is daar nie meer donkerte buite jou ligkring nie. 

Dis so lekker om in hierdie raaisels te skryf, maar vir my maak dit soveel sin. 

Ek voel gelukkig, lig en vol warmte, ek is lief vir julle, en ek het vuurhoutjies as joune natgereën het in trane of smart of bitterte. As daai kritiseerende wesens jou vuurhoutjie doodblaas voor jy hom by die pit kon kry, draai jou rug bietjie steek hom stilletjies aan, moet niemand wys nie, en bly doodstil, loop met jou liggie en gou sal ander agterkom daar is iets anders aan jou en hulle sal nie die liggie kan uitblaas nie, hulle sal in hulle stilligheid ook onwetend 'n kersie vat en saam begin stap, en met 'n skelm smile kan ons dan die ligkring nog groter maak. 

In ons ligkring is daar strelende hitte, liefde en respek vir andersheid, uniekheid en happieness. 

As jy vol geluk en liefde en vreugde is kan die aanslae maar kom, soos in die lewe is daar sommige omstandighede wat ons nie kan vermy nie, maar ons sal nie vrees nie, ons sal daardeur kom, kersie ini hand. Ons sal leer om die vrees daarvoor te laat gaan en te weet daar is 'n Groter hand wat ons daardeur sal dra. Ons moet leer deur sulke omstandighede, hoe gaan ons anders groei? Hoe gaan ons anders wees sonder om anders te wees? 

Anders is goed, maak jou tong vol met goedheid en smoor die kretiek en afbrekende woede woorde en spot dood in die donkerte van jou skaduwee. Ek noem dit my stilte. Ja ek dink ook baie aan bitchy things to say, maar ek probeer hard om my eie voorbeeld te volg. Ander se anders wees is nie noodwendig nodig om gekritiseer te word nie. Wys net jou lig en steek maar die kwaad in jou yin yang bietjie weg in die wit van jou lig. 

Mooiloop lesers.

Liefde

Iretha 

Monday, 23 June 2014

Huisplante . . .

Dis nou 'n geruime tyd dat ek niks hier geskryf het nie, elke keer as ek kom sit om te skryf dan stop my vingers op die key board. Nie omdat ek niks het om te sê nie maar omdat ek nie dit wat im my kop is wou neerpen nie.

Sien ek is op hierdie misie waar ek net positief en energiek probeer wees en dan kry ek hierdie oomblikke van - "WTF...... kan almal nie ophou en julle oë oopmaak nie?!" kan almal nie net ophou "K" en kerm nie? Klim van julle asses af en "be the difference you want"!!

Aaaag ek is mos maar siek en kan nie dit of dat doen nie! Jy sal siek wees solank as jy wil my tannie! Solank jy so dink en so voel, change your mind en lig daai boude!
Jy weet ons kry mos maar swaar, en kan nie A of B nie . . . jou kop sê vir jou om jouself te bejammer en dan sal dit so wees! Change your mind en lig jou boude!
Die lewe is so onregverdig . . . hy sal so bly as jy dit so geniet in jou smart my vriend!
 . . . . . en so kan ek heeldag sit en snert uitdink wat ek die laaste ruk gehoor het, ek wil skree -

Be the change, doen iets, en as jy te lui is, sit op jou gat en dink jouself weer positief! Jy lyk soos 'n verlepte huisplant wie nie die reëntjies en dou buite kan vang nie en die sonlig ontneem word en die wind nie die stof van jou blare af kan waai nie . . . en jou enigste genade is as die huisvrou jou bietjie lawe met water en jou afstof . . . of sy besluit jy is nie meer mooi genoeg nie, en jou in die asblik chuck!

Raai wat, jy is nie 'n huisplant nie, jy hang nie af van ander se genade nie, sit daar op jou boude en verbeel jou jy voel die lekker sonlig op jou gesig, die windjie in jou hare, die reëndruppeltjies op jou gesig . . . voel jou hartklop, jy lewe nou, vandag, hier.

Hou op om die lewe, en die mense, en die misdaad en wie ook al, te blameer vir jou situasie, jy is die meester van jou heil.

Vir my maats wie verstaan wat ek sê, deel dit met ander sodat ons meer huisplante buite in die natuur geplant kan kry ;-)

Sorry vir die raas maar nou is die ook uit my sisteem uit.

Ewenaar groete.

Saturday, 24 May 2014

The artistic me ;-)

These days I am kind of exploding with ideas and if not writing this is what I do . . . 



Nou nie perfek nie maar ek geniet dit, seer vingers en all.

Ewenaar groete.

Wednesday, 14 May 2014

Meditation, water, writing and me . . .


There is the early morning writing that just let the words flow like 'magic' and then there are my bath tub . . .  

 
Your organised environment, the peace of all is done, the day is mine in front of my laptop . . .

 
Again : Meditation, water, writing and me . . .

 
What do these things have in common?

 
This is one of my writing secrets, when I reach that point of block, I take a nice bath, smelly things added.

 
This, in the beginning was never deliberately planned, it just happened. Drifting off, letting go of the sore muscles and the mind, I found myself planning. Anything, cleaning house, gardening, work, shopping, holidays etc. 

 
Then I discover that meditating near or in water is the best way for me.

 
Water is able to put me in some kind of trance. I can spend hours at end in the bathtub, and this here is a childhood habit of mine. Only freaking years later the acknowledgement came like a light switch flipped on!! 

 
I am meditating without noticing it! My breathing slow down, my heart rate drops, my whole mind, body and soul goes into a state of relaxation and meditation.

 
Then after about 20 minutes (or longer) of meditation the brilliant ideas and self inspiration make me jump up out of the water to go grab a pen and paper!

 
Needless to say, nowadays my note pad and pencil goes to bath with me ;-)

 
Then I thought, let me check this out and the first that appears on the search screen is: 

 
"Meditation and water are wedded forever" ~ Mobi Dick

 
(Uhmmmmm then my bathtub is just cool!)

 
Use this tool, it opened up endless opportunities for me . . .

 
PS

 
There are so many beautiful places, ponds, rivers, lakes, beaches, springs, pools . . . just picture them in your mind.

And then if you know the old plane me . . . it will be easy to understand . . . I use the bathtub!

This is me, and I am merely just sharing my 'tool' with friends like me.

                                                                                                                       

Iretha

Saturday, 10 May 2014

Moedersdag

More is weer moedersdag

Moedersdag is vir my soos om aan die anderkant te bly - verdeeld . . .

Dis 'n eer om 'n ma te kan wees, dis nog beter om 'n ouma te wees . . .

Die asem-wegslaan oomblikke wat jy jou kleinkinders sien, daai mooi fototjie ontvang, en nou praat ek van die lekker tye. Daai teen die bors vasdruk en die liefde jou sommer so warm maak. Die voel van daai velletjie teen jou lippe en daai spoegbekkie soen . . . die mammie ouma, dis priceless. 

Daar is die liefde vir die enetjie wie nie by ons is nie maar saam met die ander oumas en mamma aan die anderkant van hierdie lewe vir ons wag . . . 

Dan op daai dag soos more, is daar die gemis van jou eie ma en oumas wie nie meer hier is nie en nou aan die ander, anderkat is. Jy sit stil, onthou, ruik hulle weer, kyk fototjies, al so verdof deur die jare dat jy jou oe op skrefies moet trek, en die kop maar die ander onthou moet invul. Ek weet hulle is soooo gelukkig waar hulle is, ek voel die vrede en vertroosting van hulle energie in my hart . . . en ek weet hulle verstaan ook hoe ons arme drommels hier op aarde voel en wil he ons moet weet van die heerlikheid aan die anderkant. 

En omdat ek aan die bokant van die ewenaar woon is ek gewoonlik nie moedersdag naby my mense nie maar hulle koester maar hier onder in my hart se punt rond. 

Oor die algemeen hou ek nie van die dag nie.

Dis die ou boodskappies wat dit spesiaal maak maar my ook elke soveel minute herinner aan my verdeeltheid.

Daar is net daai 15 tot 20 minute geselsie met my skoonma wie so dierbaar is en my lief is soos haar eie kind. Ma is daar om 'n ma vir my te wees. Dankie ma. (As ek nou verder skryf tel my ipad waterskade op).

Hierdie skoonma is seker die beste ene EVER! Ma luister en oordeel nie, Ma aanvaar my met floors and all. Dis onvoorwaardelike liefde en ek wens my kinders, skoon kinders, stiefkinders en kleinkinders kan eendag so oor my voel as ek die 80's slaan! Minette se eendag vir my, 'Ma weet, Ouma Soetie is amper vir my soos 'n vriendin!' Dis regtig waar ons almal gaan recharge. 

Dankie vir die Ma wat ek kan he. 

Nou op hierdie gemengde gevoelens noot, wil ek graag vir al my mamma en ouma lesers se, Gelukkige Moedersag maters. Ons het goed gedoen met ons kinders. Wat is groter om die DNA te sien wat oorgedra is, en nou is daar weer 'n smile op my gesig, dis uitsonderlik om te hoor, ma ons is dieselfde! Ma verstaan altyd (soms probeer ek hard maar slaag gewoonlik) 

Bravo aan al die mammas. 

En vir die van die vroutjies wie nog nie die eer van moederskap gesmaak het nie en vir wie moedersdag 'n swaar klip ini binneste is omdat daardie bondeltjie net nie wil kom nie, se ek : 
Byt vas, bid en glo. Wees rustig, daai pienkvoet sal kom as die tyd reg is. Onthou ons kan vra maar sal kry as dit tyd is. Ek dink aan julle ook vandag. 

En om te kan se: Gelukkige Moedersdag my kind, is 'n eer! 

Ewenaar groete.


                                     *******************************************************


Ek moes net hierdie prentjie vir julle bysit - laat my so dink aan daai goue oomblikke van saamspeel, kruiwa stoot, sand put speel en hande vier voet op die gras staan, klei speel en saam dans (en dan word ouma nog afgeneem vir die later lag!) Die klein handjie in myne wat se kom kyk en daar gaan jy maar saam want oumas doen dit mos maar. Die sticker op my foon vir die onthou en die nuwe blink ogies wat kyk maar nog nie kan praat of saamspeel nie.