Translate

Monday, 5 May 2014

Vandag se quilting . .

Ek is omring deur boeke, paiere, notas en post-it's en gekleurde penne, ek lees hier "copy en paste" daar en probeer eenvormigheid bring aan dit wat ek "my boek" noem, die skerm is nie meer genoeg nie, ek moet dit nou in my hande vashou en die ware Jakob sien. Toe hol ek uit papier uit en nou skryf ek maar bietjie vir julle wat ek sien en ervaar.

Dis 'n laslappie mengelmoes wat kwilt moet raak, skuif hier pas daar en die aanmekaar sit met die grootste sorg is die ergste konsentrasie. As als bymekaar kan kom en ek daai deurstik werk gedoen het en niks dit meer uitmekaar kan torring nie en ek weet dis vol sagte stopsel vir snoesig lees en die binneste warm maak dan sal ek ook so aanmekaar en in een stuk wees. 'n Kunswerk.

Ek sit en ek lees goed wat ek al vergeet ek geskryf het, ek sien planne wat ek gemaak het maar wat anders uitgewerk het, groot hartsere wat ek nie kan vergeet nie, ek sien ek het op tone getrap, jammer daaroor. Ek sien heelword en ek sien groei, my eie groei en groei in my werk. Dis die 'amazingste' van als.

Dan lees ek die woorde wat ek opgemaak het om my prentjies kleur en smaak te gee en ek weet dis ek daai, ek weet dit sal verstaan word.

Hier binne my is 'n groot bons ding in my bors, ek het 'n kompliment gekry, kom ek sê ek het nog 'n kompliment gekry . . . een van my gunsteling skrywers en inspirasie, sy het vir my geskryf :

"Iretha jy skryf so mooi, dat ek ampertjies getjank het. Jy weet, ek dink altyd aan girls soos jy wanneer ek skep en die heerlike verantwoordelikheid om hierdie topgehalte dames te mag bederf met my net-my-allerbeste-mooiste. Watch my hierdie jaar!x "Net goedheid en guns..."" Whaau!

Dankie Elize, jy is 'n ikoon in my bestaan en dan is jy nie spaarsamig met jou komplimente nie, jy weet nie hoe jy my aanspoor nie!

So met hierdie lekker nuwe stukkie parafien lap op my vuur skarrel ek voort om ook iets uniek van die top gehalte, vir unieke mense voor te lê . . .

As ek weer stil raak, weet dis net die vingers wat stil is op die keyboard, nooit die kop nie.

PS

As daar iets uit die verlede aan jou gat kom hap, onthou dis die mense wie nie oor hulle onsekerheid kan kom nie en aan strooi halms gryp om jou in hulle put van selfbejammering af te trek . . . moenie slaap daaroor verloor nie.

Sommer iets wat ek eendag neergeskryf het toe iemand iets nasty opdiep en in my rigting gooi wat ek nie eens meer kan onthou ek gedoen het nie, jare terug al.

Tog bly ons almal maar net mense . . . en in my gedagtes vat ek daai klippie en ek gooi hom in 'n stroom en ek weet hy is nou weg saam met die ander klippies wat ek hier in my binneste saamgedra het en weggegooi het, die stroompie sal hulle wegrol en vernuwe en slyp sodat ek hulle nooit weer sal erken as ek hulle eendag weer moet optel nie.

Hou julle mooi klippies diep in julle harte en spoel hulle af met helder skoon watertjies sodat hulle weer kan blink en lekkerte in julle dag kan bring.

Gatskop dag vir julle.

Iretha







Monday, 7 April 2014

Ek aanbid nie vreemde goedte nie . . .

These days I am obseving, I am drinking every wonderful thing I see in, like a thirsty child. I don't say much, that does not mean I don't have something to say, I am just observing and making my own mind up. Do not be fooled as I do have a opinion  . . . I can see but choose to not share it.

I am a seeker, a student a teacher . . .

The sudden reunion of like minded souls are refreshing. 

Saterdag het ek weer na iemand gestaan en luister, en ek dink toe by myself, so 'n jaar gelede sou ek gedink het jy rook boom. Maar nou maak jy soveel sin . . . 

Ek weet op hierdie pad wat ek stap, en dit wil vir my voorkom, dis waar ek wil wees, moet wees, hulle noem dit Spiritualisme, is ek lig en gelukkig maar daar is baie wie my uitmaak as weird, en ek weet baie  mense draai hulle rug op my MAAR vir elkeen wie dit doen kom daar wonderlike nuwe mense in my lewe in. 

Ek wil net by se dat die God wie my God is en ook jou God is ons almal s'n is, Hy oordeel nie. Hy ken my liefde en respek vir Hom, hy weet ek sien meer raak in Sy skepping, ek verwonder my oopmond aan die Grootsheid daarvan die wonderlike natuur die grond die water die reen die wolke die wind die son die maan die ruimte daar buite alles deel van 'n skat aan ons gegee om te geniet te gebruik en van te leef, ja ek skryf als sonder kommas want dis EEN skepping, ons is die wesens wie nie die wonderlikheid daarvan nie meer sien en waardeer nie. Die wie, wat dit tot ons bekikking is, nie gebruik nie en die wie wel, ja wel. 
Die mense wie so teen mekaar trek en nie saam trek nie. 
Wanneerlaas het jy gaan staan met die reen op jou gesig, of die son of die wind, maak nie saak nie, en opgekyk, sommer so oppad kantoor toe of in jou gejaag na dit wat jy lewe maak noem, en net asemgehaal en dankbaar gewees? Dank betuig? As ek dit doen voel ek soos 'n tempel ek voel ek is my kerk ek het so 'n persoonlike verhouding met die Skepper dat ek dit nie in woorde kan omsit nie. 

He loves me, you don't have to, thats all that matter . . . 

Daarom weer . . . I am . . . 

Ek hoop ek maak sin en julle wie my so kyk asof ek die pad byster geword het draai nou julle koppe weg en kyk binnekant toe. 

(Dankie my skat dat jy ook nog lief is vir my en my vat soos ek is en onderrsteun, mwah. Love you 4eva) 

En dis dit, van die duskant af.

Iretha 

Wednesday, 26 March 2014

Ewenaar emosies

Eloooooda,

Ja ek is baie stil, soms wonder ek myself . . .

Daar is nou weer 2 slapies oor voor ek weer oor die ewenaar gaan vlieg. Ek spandeer nou al die laaste paar dae in 'n hotelkamer in Lagos, sonder internet, net met my kindle en die TV. (Dankie vir die internet stokkie, Danie) Die TV bestaan uit 1 gewone movie kanaal, 1 African movie, 1 Nuus en Supersport kanaal.

Ek loop soms rond maar met die brandstof tekorte hier, is dit nou ook nie wys nie, die karre staan baie lang rye en wag ure vir bietjie brandstof.

Sondag was ons saam met van die expats hier na die beach house op 'n eiland. Dis so 'n halfuur se ry met 'n bootjie tot daar, pragtig, maar hel warm. Afrika hou aan om my asem weg te slaan!
Ons het afskeid geneem van 'n gesin wie aanbeweeg na die volgende Afrika staat toe, Uganda. Hulle is baie opgewonde maar in dieselfde sin ook sad om te gaan.

Dis die emosies van die lewe wat ons lewe as expats, wat dit vir die ander in ons 'home countries' so moeilik maak om te verstaan.

Dis die lekker, die frustrasies soms, dis die onophoudelike hitte, die klaarkom met wat jy hier het en kan kry, en die skatte wat ons hier raakloop. Die vriendskapsbande wat ons aanknoop en die stiltetyd wat so mildelik tot ons beskikking is. Dis die awe van 'wat de hel, hoe dink die mense' tot die aaaah dit maak sin.
Dis die mengelmoes van wees en is, dis spesiaal, om al die goed in 'n uur te kan ervaar, daar gaan nie 'n dag verby wat nie deur een of ander ding geraak word nie. Dis groei, dis avontuur, dis lewe. Dis herinneringe op hopies skraap . . .

Geen wonder van die expats sê hulle gaan nooit weer soos die ander in die 'home country' kan leef nie, eenmaal 'n expat, altyd ene.

So as julle wonder wat van my geword het . . . ek is besig om te lewe, besig om mens te wees, besig om te groei, besig met my boek wat net nooit wil klaarkom nie, dalk eendag . . .

Tot volgende keer

Iretha



Monday, 3 March 2014

My Mantra

What if you are your thoughts?

What if your thoughts are who you are?

What if this is reality?

This is reality . . .

My personal mantra:

I want perfect health. I am in perfect health, I like being in perfect health, I enjoy feeling good, I am happy in my healthy body.

I set all negative past experiences free, I am free of all negativity.

I want to be successful on my path, I am going to be successful with my work.

I want to attract those who are in harmony with me, I am attracting those who are in harmony with me and have the same visions as me.

I set my inner child free to fill my being with joy, and laughter.

I am a happy joyous being.

I want prosperity in my life, prosperity are part of my life, I am prosperous.

I want to continuously grow in being what I want to be. I am growing continuously.

I am thinking only positive thoughts, I am a positive thinker.

I am a positive free happy healthy prosperous joyful being growing constantly . . . I am connected to my inner being.

Ek skryf vandag in Engels want die gedagtes kom in Engels . . . dit is regtig my persoonlike mantra en ek skaaf en skryf gereeld aan hom en ek herhaal dit gedurig aan myself met 'n lekker gevoel van opgewondenheid in my binneste.

Jay!!! Dis hoe ek voel, Jay, die lewe is 'n lied wat gesing moet word en ons kan maar net die beste daarvan maak. Volgende rondte is ons slimmer en beter toegerus . . .

Love ya all . . .

Iretha

Wednesday, 26 February 2014

Die bul by die horings pak . . .

Dit het gisteraand sommer so uit die bloute (of is dit uit die donkerte) begin reën. Ons het opgespring en die reën gaan staan en bewonder en gekyk of die nuwe varanda nie lek nie. Ons ou varanda is nou weg en het plek gemaak vir 'n nuwe fancy dak met deursigtige plate, die huis is sommer nou ligter binne.
Die donderweer was 'n salige geluid, 'n teken dat die stof nou afgewas is en die grassies sommer baie groener is vanmore. As kind het ek altyd aan die donderweer gedink as groot groot lakens wat uitgeskud word . . .
Ek het die carpenter hier gehad hy gaan vir ons lekker stoele maak soos daar by Tiger Reef in Swakopmund.
Die stukkies lapwerkies van ons wees en ons lekker goed onthou waarmee ons onself maar hier omring  om die vreemdgeit van die plek na lekker tye kan vernader. Dis nie eintlik meer vreemd nie, ek gaan nou al vir my derde jaar aan die anderkant. Dis mos nou huis hier en ons skep maar ons eie identiteit so met die mooi goetertjies wat ons versamel. Wat ons aandra en dan die odd goetjies van hier wat ons versamel om eendag saam te vat huistoe en weer die onthou van die jare aan die anderkant te kan onthou.
My werks kamer waar ek skryf en naalwerkies doen, verf die dae wat ek lus kry en baie van my oggende deurbring is vandag vir my deurmekaar, die groot mandjie vol wol staan in die hoek, ek het nog nie weer die wol lus gekry nie, die lap op die bed wat ek elkedag kyk, waarmee ek wil bont broeke maak vir die jaar se hummmm konsert. Raampies wat ek gegom het met yantras in vir my hoekie in die gang, ou tydskrifte op die tafel langs my rekenaar, naaldwerk masjiene hekelgaring en krale, en ek dink ek moet soos die reën maak en bietjie skoonmaak en wegpak en regpak, maar dit word ook 'n hele dag se werk.
Gister kom Danie by die huis vir middagete en hy sê hy is ook nou lus om op pensioen te wees en ek voel sleg omdat ek so lekker my eie tyd elke dag beplan. Ek is bietjie pap en af die laaste paar dae, die maag pla nog steeds van tyd tot tyd, nou al van Januarie maand af, en ek weet ek moet myself oplig en weer lewe toon, weer die ou self wees maar dis moeilik en ek weet ek kan, die antibiotika begin nou werk en ek maak myself soggens mooi, makeup en als. As ek goed lyk voel ek ook sommer beter. Maar die oorheersende gevoel van net gaan lê en slaap wil wil nog die oorhand kry.
So vandag is dit ek en die werks kamer . . . as ek so in die middel deur met 'n nuwe projek begin sal dit nou nie snaaks wees nie.
Ek het lekker skaap vleis uitgehaal en gaan 'n lekker stew maak met baie groente in vir middagete.
Maar eers gaan ek en Shiela bietjie tee drink op die stoep en soos ek nou na die hele affêre kyk gaan die werkskamer lê tot namiddag.
As jy jouself met my kan vereenselwig, dan verstaan ons mekaar . . .
Ons word ouer ons doen dinge anders en ons het so baie om te doen en wat ons wil doen en dan kom daar ander gedagtes op oor goed wat jy tussendeur ook wil doen en en en, en dan vannaand as die son sak, dan sê jy vir jouself, more is nog 'n dag . . .
So mens doen gewoonlik die lekker dinge eerste en tob oor die ander, nou vandag gaan ek die nie so lekker jobpie eerste doen en dan more die lekkerder enes . . . jip, dis die plan, dit maak beter sin.

Begin die dag deur eers die struikel blokke te tackle en dan die lekker dinge te doen. As daar 'n taak op jou lessenaar lê en wag waarvoor jy voel jy nie die krag het nie, staan op, gaan maak 'n koppie koffie, kom sit en gryp die bul by die horings. As daai file eers van jou tafel af is gaan die res van die dag soos 'n Vrydag middag voel.

Lekker werk my vrinne.

Ewenaargroete

Iretha

Tuesday, 25 February 2014

Man maak 'n plan . . .

Met tye wanneer ons deur die dorp ry, hier deur die anderkantste huisie se dorp, dan bekyk ek mos nou maar die opset so deur die kar se toe venster, die bokkies die kinders die mense die huise en hoe hulle leef en woon, en dan is daar altyd die paar huise in 'n straat waar die helfte van die voorstoep opgebou is en met wit teëls uitgelê is. Sommige lyk soos 'n vlak bad, ander is opgebou soms tot so heup hoogte.

Die klein dwerg bokkies wat hulle as troeteldiere aanhou lê gewoonlik dan op die koel wit teëls maar nooit sien jy mense daar sit of staan nie.

Toe kry die nuuskierigheid die oorhand en ek vra die drywer wat dan nou die doel van die geteëlde gedeeltes is.

Hy kom toe met die verduideliking voorendag;

Ouers bou huise vir hulle kinders en nageslagte, daar woon almal dan saam en die ouers laat dan die huis in hulle boedels na aan hulle families. Gewoonlik mos nou 'n pa of oupa of wat ook al. Maar die kinders en vrouens wie agterbly nadat die eienaar van die huis sterf, soek gewoonlik net geld, en dan verkoop hulle die huise en stry oor die geld en spat uitmekaar om nooit weer bymekaar uit te kom nie.
Nou, daai ding op die stoep, is die huiseienaar se graf . . . dis al vir jare lank die gewoonte. Almal behalwe die eienaar van die familie huis word in die begrafplaas begrawe, maar die eienaar word daar op die voorstoep ingespit en mooi netjies ingemessel en geteël.
Wie sal nou 'n huis koop met 'n graf op die voorstoep reg by die voordeur? So op die manier verseker hulle dat die huis in die familie bly en dat almal 'n 'huis' het waar heen hulle kan gaan.

Nou as dit nou nie baie slim is nie weet ek nie so mooi nie. Briljant.

Ewenaar groete,

Iretha